Ontmoeting 1
Kompas
Prioriteite
Lees
Filippense 1:3-11
Aanhaling
Mense verander nie. Hulle prioriteite verander.
– Onbekend
Vat saam
Gaan plak jou lys in jou kamer op waar jy dit elke dag sal raaksien. Laat dit jou herinner aan jou prioriteite. Lees dikwels deur jou lysie, hersien jou prioriteite en pas dit aan soos nodig.
Hulpmiddel
Ontmoeting 2
Spieëltjie, Spieëltjie, sê vir my …
Selfbeeld
Lees
Rigters 6:7-18
Aanhaling
It’s not what you say out of your mouth that determines your life; it’s what you whisper to yourself that has the most power.
– Robert T Kiyosaki
When you’re different, sometimes you don’t see the millions of people who accept you for what you are. All you notice is the person who doesn’t.
– Jodi Picoult
You are the only you God made. God made you and broke the mould.
– Max Lucado
Vat saam
Hoe sal jy anders oor jouself dink as jy deur God se oë na jouself kyk, en nie deur die wêreld se oë nie?
Hulpmiddel
Ontmoeting 3
Om voete te was
Leierskap
Lees
Johannes 13:1-17
Aanhaling
If your actions inspire others to dream more, learn more, do more and become more, you are a leader.
– John Quincy Adams
Vat saam
Skryf jou verbintenis hier neer oor watter soort leier jy wil wees. Jou verbintenis kan jou antwoorde op hierdie vrae insluit:
- Watter gesindheid sal jy inneem wanneer jy ʼn leier is?
- Wat sou jy graag wou bereik?
- Watter waardes is nodig om ʼn goeie leier te kan wees?
- Hoe het Jesus se leierskap gelyk?
- Hoe kan jy Jesus se voorbeeld van dienende leierskap navolg en uitleef?
Ontmoeting 4
Wat nou?
Hoe hanteer ek trauma?
Lees
Lukas 24:13-35
Aanhaling
Net mense wat bang is, kan moedig wees. Aquinas het gesê moedige mense is hulle wat vrees in die oë kyk en ten spyte daarvan doen waarvoor hulle bang is. Moed is vrees wat gebid het.
– Lewis B Smedes
Vat saam
Wees ‘n oor, ‘n oog en ʼn hand vir ander mense.
Noodnommers:
- Bipolêre hulplyn: 0800 70 80 90
- Selfmoord-krisishulplyn: 0800 567 567 / SMS 31393
- Besoek die webwerf: www.sadag.org
Hulpmiddels
‘n Videosnit oor stres
Die uitwerking van kinderjaretrauma
Ontmoeting 5
We are family
Verhouding met ouers
Lees
Kolossense 3:18-25; 4:1
Aanhaling
Die naaste aan die liefde van God is die liefde van ‘n ma.
– Napoleon
Vat saam
Gesels met jou mense by die huis oor jou “reëls” of “huistafel”-waardes wat jy neergeskryf het. Julle kan ook julle eie “huistafels” opstel en dit in die kombuis opplak.
Hulpmiddels
Verskillende soorte families
Ouers en kinders wat rolle omruil
Ontmoeting 6
Eibeg
Selfaanvaarding
Lees
Eksodus 3:1-22
Aanhaling
Wanneer mense van jou kwaadpraat, lewe só dat niemand hulle glo nie.
– Russiese spreekwoord
Vat saam
Plak jou papier met die woord Eibeg daarop vas op ʼn plek waar jy dit dikwels sal sien, soos teen jou spieël of teen jou kasdeur.
Hulpmiddel
Iemand wat sketse teken
Ontmoeting 7
Egte note
Lewensmusiek
Lees
1 Samuel 16:14-23; Psalm 13
Aanhaling
Music … will help dissolve your perplexities and purify your character and sensibilities, and in time of care and sorrow, will keep a fountain of joy alive in you.
– Dietrich Bonhoeffer
Vat saam
Kies hierdie week ʼn psalm om te lees. Vertel dan by volgende week se ontmoeting vir die groep hoe die psalm jou laat voel het, wat jy daaruit geleer het en hoe jy dit in jou lewe kan toepas.
Hulpmiddel
‘n Gesprek tussen Eugene Peterson en Bono
Ontmoeting 8
In shape
Gesonde leefstyl
Lees
1 Korintiërs 6:12-20
Aanhaling
Almal het hulle eie definisie van ʼn gesonde leefstyl. Vir my is dit belangrik om dit ʼn prioriteit te maak eerder as ʼn obsessie.
– Daphne Oz
Vat saam
Antwoord die volgende vrae eerlik en pas jou leefstyl daarvolgens aan. Begin met klein aanpassings.
- Hoeveel keer eet jy ongesond? Maak elke keer ‘n nota.
- Hoeveel oefening kry jy?
- Hoeveel uur per nag slaap jy?
- Hoeveel tyd het jy om te ontspan en te ontlaai?
Hulpmiddel
Emosies en stres
Ontmoeting 9
As ballonne bars
Lees
Prediker 4:4-8
Aanhaling
When we long for life without difficulties, remind us that oaks grow strong in contrary winds and diamonds are made under pressure.
– Peter Marshall
Vat saam
Balanseer elke oggend by die huis ʼn besem of stok op jou hand. Dit sal jou herinner dat jy balans en fokus in jou lewe nodig het.
Ontmoeting 10
Om net weer te voel
Ek maak myself seer
Lees
Psalm 42
Aanhaling
Throughout it all, you are still, always, you: beautiful and bruised, known and unknowable.
– Leila Sales
Vat saam
Hier is ʼn webblad met nuttige inligting oor selfskending.
Jy kan ook hierdie hulplyn skakel: 0800 12 13 14.
Of stuur ʼn SMS na 31393 en iemand sal jou bel.
Hulpmiddel
Selfskade